Tuisblad

Hulpbronne

Login Form



 
Welkom by die voorblad
Wie is ons? PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Johannes Smuts   
Dinsdag, 20 Oktober 2009 16:12

 

JOHANNES SMUTS BEDIENING is hoofsaaklik ‘n Internet evangelisasie-aksie. Deur middel van e-pos en ons tuisblad, verkondig ons die Woord van God. Dit is ‘n onafhanklike evangeliebediening, wat nie gekoppel is aan enige ander organisasie of kerk nie.

 

Ons glo aan die Drie-enige God van die Bybel: ons Verlosser Jesus Christus, ons Almagtige Vader en sy Heilige Gees. Ons glo dat God ons as gelowiges uitverkies het om sy kinders te wees.

 

Al die artikels op hierdie webblad is geskryf deur Johannes A. Smuts, tensy anders aangedui.

 

 

WORD DEEL VAN DIE STRYD!

 

Ons wil elke opregte Christen vra om ons te help met ons evangelisasie-taak. Dit is immers elke Christen se opdrag en plig om te help met evangelisasie. Hier is die geleentheid vir u om ‘n verskil te maak. Vertel u vriende, familie en kennisse van ons tuisblad, www.johannes.za.org en help ons sodoende om ons evangeliebediening uit te bou.

 

Ons gee u ook toestemming om ons artikels wat hier gepubliseer word, te versprei. U kan dit doen deur middel van e-pos, of anders kan u die artikels uit druk en gee vir mense wat nie toegang tot die Internet het nie.

 

Die inhoud van artikels mag nie verander word nie. U kan ook die artikels wat u uitdruk, fotostateer en dan versprei. Deur ons hiermee te help, sal u ‘n groot werk doen vir die bevordering van die koninkryk van God. Christenskap is nie passief nie, dis aktief. Elke Christen is ‘n soldaat wat opgeroep word om te veg vir God se koninkryk. Ons swaard is die Woord van God.

 

Ons sal graag later, indien dit die Vader se wil is, ook deur middel van gedrukte pamflette en publikasies die goeie boodskap wil versprei. Tans is daar egter nog nie fondse daarvoor beskikbaar nie. Ons glo egter dat God wel op sy tyd die fondse daarvoor sal voorsien.

 

n Droom wat ons het, is om in die toekoms dalk ook Christelike rolprente te vervaardig. Dit is ‘n magtige medium om, deur stories, die evangelie te verkondig. Dit is egter ‘n lang termyn doelwit.

 

Mag ons Almagtige God u seën en help om op die smal pad te bly!

 

Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” Matteus 28:19

 

 

Laas Opdateer op Dinsdag, 01 Junie 2010 23:27
 
Padkaart na ware geluk PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Johannes Smuts   
Dinsdag, 20 Oktober 2009 17:03

Voel dit soms die lewe het geen betekenis nie, geen doel nie? Maak die wêreld nie vir u sin nie?

 

Dalk is jy arm en kry baie swaar. Die lewe kry jou onder. Waar gaan jy geld kry om jou huis te behou, jou kinders kos te gee, skoolgeld te betaal, doktersrekeninge te betaal, ensovoorts. Of dalk is jy skatryk. Al die plesiertjies van die lewe is lekker.... Maar tog voel dit vir jou dat jou lewe leeg is.

 

Die lewe is ‘n reis. Elke reis het ‘n beginpunt en ‘n einde. Om by die bestemming uit te kom waar jy graag wil wees, moet jy die regte pad kies. Voor jou is daar twee paaie. Die een is die breë pad en die ander ‘n klein smal paadjie. Watter een gaan jy kies?

 

Laas Opdateer op Donderdag, 12 November 2009 17:28
Lees meer...
 
God's covenant with Mankind PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Johannes Smuts   
Dinsdag, 20 Oktober 2009 17:43

How can one define, describe and explain the covenant that God made with Adam? What were the terms, and the long reaching effects of disobeying this covenant, and why could only Jesus restore it? How did he do it?

The question(s) will be answered in the following way: First we are going to look at the meaning of the word ‘covenant’, as it relates to Adam. Secondly, we are going to look at the terms of God’s covenant with the human race. Then we are going to look at the broken covenant, and the long reaching effects of it. After that, we are going look in detail at why only Jesus Christ could restore the covenant, and how he did it.

 

Laas Opdateer op Donderdag, 12 November 2009 17:30
Lees meer...
 
God se Wet PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Johannes Smuts   
Donderdag, 06 Mei 2010 18:00

Die Tien Gebooie is die wet van God. Dis vandag nog net so geldig soos wat dit was in die tyd van die Ou Testament. Christene wat nou leef onder die Nuwe Verbond, danksy Jesus wat gesterf het vir ons sondes, is nie meer onder die verpligting om die seremoniële wette van die Ou Testament te hou nie. Die Tien Gebooie is egter steeds geldig. Jesus Christus is baie beslis daaroor dat ons nog die wet moet onderhou, al leef ons nou onder die genade.

Laas Opdateer op Donderdag, 06 Mei 2010 18:07
Lees meer...
 
Simboliek van ons embleem PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Johannes Smuts   
Donderdag, 06 Mei 2010 17:40

Sentraal in die embleem staan die kruis van Jesus Christus. Hy is ons Verlosser en die enigste weg na die ewige lewe by God.

Aan weerskante van die kruis, is die twee kliptafels van die Tien Gebooie. Wáre Christene onderhou God se gebooie.

Die driehoek wys daarop dat ons die Drie-enige God (Vader, Seun en Heilige Gees) aanbid. Die driehoek se punt wys na bo, waarheen ons moet opkyk vir leiding in ons lewens op aarde.


 

 

Laas Opdateer op Donderdag, 06 Mei 2010 17:54
 
Kopiereg © 2012 Johannes Smuts Bediening. Alle Regte Voorbehou.
Joomla! is Gratis Sagteware en word kragtens die GNU/GPL Lisensie vrygestel.
 

Wie's aanlyn?

Ons het 1 gas aanlyn
Inhoud Trefslae : 2528